Noem die 6 AARP-begrippe
Historiese koste Lopende Saak Omsigtigheid Paringsbeginsel Sake-eintiteitsbeginsel Wesenlikheid
Historiese koste
Alle bates word teen hulle oorspronklike kosprys opgeteken.
Lopende saak
Finansiële state word opgestel met die verstandhouding dat die maatskappy in die
toekoms sal voortbestaan.
Omsigtigheid
Syfers in die finansiële state moet realisties (konserwatief) getoon word.
Paringbeginsel
Inkomste en uitgawes moet in die korrekte finansiële jaar opgeteken word (bv.
verkope en koste van verkope).
Sake-entiteitsbeginsel
Die finansies van die maatskappy word afsonderlik van die aandeelhouers gehou.
Wesenlikheid
Alle belangrike items moet apart in die finansiële state getoon word (bv.
direkteursfooie).