Wat is die term wat aan die verskynsel gegee word dat die temperatuur van die aarde geleidelik besig is om toe te neem?
Aardverwarming
Wat is ‘n moontlike oorsaak van hierdie verskynsel?
Die toenemende verbranding van brandstowwe soos steenkool, petrol en olie, veroorsaak dat al hoe meer CO2 gas vrygestel word.
Hierdie en ander kweekhuisgasse tree soos ‘n kombers om die atmosfeer op wat voorkom dat hitte terugontsnap in die ruimte. Gevolglik word hitte vasgekeer en raak die aarde geleidelik warmer.
Noem die moontlike gevolge van aardverwarming
Wat kan gedoen word om aardverwarming te beperk?
Hoe kan jy ‘n bydrae lewer tot die bewaring van die omgewing?
Gee twee voorbeelde van kweekhuisgasse
Hoe dra die mens se aktiwiteite by tot die kweekhuiseffek?
Beperkte hoeveelhede CO2 en ander kweekhuisgasse is ook nuttig en noodsaaklik vir lewe op aarde. Noem ‘n aantal nuttige funksies van kweekhuisgasse.
Wat kan ons doen om die vrystelling van kweekhuisgasse te beperk?
Elke minuut van elke dag is die wêreldbevolking besig om toe te neem. Hoe beïnvloed die toename in menslike bevolking die omgewing?