Dink jy dat die ruimte in SA is?
Nee, die argitektuur van die geboue lyk anders en verskil van die in suid afrika. Dit lyk na ou geboue wat moontlik in Europa (Italië/Venisië) is
Skrywer?
Fanie Viljoen
Waarom is die titel rooi?
Dit dui op gevaar of onheil
Eerste boek?
Onderwêreld
Watter atmosfeer skep die voorblad?
Onheil / onheilspellende / gevaar
Wat beteken die spreekwoord?
wraak kom altyd teen ‘n prys en jy moet voor die tyd seker wees dat jy bereid gaan wees om die prys te betaal. Wraak is ‘n negatiewe aksie wat kan veroorsaak dat jy self ook seerkry
Wie is die persoon op die voorblad?
Xander (Eckardt) Gericke
Wie is die hoofkarakter?
Greg Owen
Flapteks (agterblad). Watter bewyse is daar dat daar terugflitse in die verhaal gaan wees?
Die leser lees dat Greg Owen dood is, die verhaal is dus ‘n terugflits wat inligting gee oor die agtergrond en omstandighede wat tot Greg se “dood” gelei het
Donker web
is die titel van die roman en die web op die internet wat onwettig is
Donker
Boosheid, donker dade, donker ruimtes (tronk), donker karakters (Baker)
Web
spinnekop web
Hoe word die proloog aangedui?
deur die rekenaarterm “Reboot”
Wie is ‘hy’ in die proloog?
Xander Gericke
Benoem die beeldspraak in die volgende: “Dis soos monsters wat die huis binnegekom het”
Vergelyking
Benoem die beeldspraak in die volgende aanhaling: “dit is asof die donker hom opraap”
Personifikasie
Hoe weet jy dat die nuus wat die seun vir sy pa kom vertel het, die pa baie onstel en bang gemaak het?
Xander se pa se reaksie: Hy het skielik haastig geword, sy hande het gebewe, hy het vir Xander aangejaag om te gaan wegkruip
Beskryf kortliks die pa-seun verhouding tussen die regter en sy seun
Hulle het ‘n liefdevolle verhouding, want voor sy pa hom weggestuur het, het hy vir Xander gese dat hy altyd moet onthou dat hy baie lief vir hom is; maak nie saak wat gebeur nie.Sy pa is ook beskermend oor hom en se vir hom om te gaan wegkruip.
Wat is Xander se skuilnaam?
Eckardt
Na wie se moord word op bl. 109 verwys?
Regter Gericke (Xander se pa)
Op watter manier word hy (Regter) doodgemaak?
Hy word met ‘n rubber-binneband versmoor
Wie het voorgestel dat hy so doodgemaak word?
Valkyrie
Proloog en epiloog verteller?
Derdepersoonsverteller
Verteller vir Hoofstuk 1-68?
Eerstepersoonsverteller (Greg)