Die persoon wat die klank hoor word die ___ genoem en die item wat die klank afgee, die___
waarnemer of luisteraar
bron
Twee situasies wat tot die Dopplereffek lei
DEFINISIE: Dopplereffek
Die Dopplereffek is die verandering in die waargenome frekwensie van ’n golf wan- neer die bron of die waarnemer relatief tot die sendingsmedium beweeg.
Die Dopplereffek vind plaas wanneer ’n golfbron en/of waarnemer relatief tot mekaar beweeg…
sodat die waarnemer ’n verskillende frekwensie van die golwe meet as wat die bron uitstuur.
Die afstand tussen die kruine verteenwoordig ___
die golflengte van die klank.
Hoe nader aan die kruine ___
hoe hoër die frekwensie (of toon- hoogte) van die klank
Wanneer ’n mo-
torkar jou nader, het
die klankgolwe wat
jou bereik ’n___
golflengte en ___ frek-
wensie. Jy hoor ’n klank
met ’n ___ toonhoogte.
korter
hoër
hoër
Wanneer ’n motorkar
weg van jou beweeg,
het die klankgolwe wat
jou bereik ’n ___ en___ frek-
wensie. Jy hoor ’n klank met ’n ___ toonhoogte.
langer golflengte
laer
laer
Die beweging van die waarnemer sal die frekwensie van die gemete klank vanaf ’n stasionêre (stilstaande) bron verander:
f(L)
die frekwensie is wat deur die waarnemer (luisteraar) waargeneem is
f(s)
is die frekwensie van die bron
v
is die spoed van die golwe
v(L)
die spoed van die luisteraar
v(s)
die spoed van die bron
Bron beweeg na die luisteraar
vS : negatief
Bron beweeg weg vanaf die luisteraar
vS : positief
Luisteraar beweeg na die bron
vL : positief
Luisteraar beweeg weg vanaf die bron
vL : negatief
Ultrasoniese golwe (ultraklank)
is klankgolwe met ‘n frekwensie groter as 20 000 Hz (die boonste grens van menslike gehoor).
Ultrasoniese golwe (ultraklank) - Hierdie golwe kan in die mediese veld ge- bruik word om die rigting van bloedvloei te bepaal.
Die apparaat, ‘n Dopplervloeime- ter, stuur klankgolwe uit.
Die golwe beweeg deur die vel en weefsel en word deur bewegende voorwerpe (soos bloed) in die liggaam teruggekaats.
Die weerkaatste golwe keer terug na die vloeimeter waar die frekwensie van die teruggekaatste golf, (ontvangde frekwensie) gemeet word en met die frekwensie van die uitgestuurde golf vergelyk word.
Ultraklank kan gebruik word om te bepaal of bloed in ongebore babas in die regte rigting in die bloedsomloopstelsel vloei of om gebiede in die liggaam te identifiseer waar bloedvloei deur vernouing van are beperk word.
Die gebruik van ultraklank toerus- ting in die mediese veld staan bekend as ___
sonografie of ultrasono- grafie
Lig is ’n ___
golf
’n Verskuiwing in golflengte impliseer dat daar ook ’n verskuiwing in ___ is.
frekwensie
Langer golflengtes het ’n ___ frekwensie en korter golflengtes het ___ frekwensies.
laer
hoër