Wat was die eerste ekonomiese stelsel?
Bestaansekonomie - Mense het net genoeg produseer as wat hulle nodig gehad het.
Watse groot probleem het ontstaan met bestaansekonomie?
Mense kon nie alles wat hulle nodig het, produseer nie, of hulle het te veel van iets produseer en kon dit nie alles opgebruik nie.
Watter drie opsies het mense gehad as hulle graag iets wou hê wat hulle nie self kon produseer nie?
1) Hulle kon die item steel by iemand wat dit het.
2) Hulle kon die eienaar van die item vermoor om dit dan te steel.
3) Hulle kon iets vind wat hulle besit het en dit uitruil vir dit wat hulle graag wou hê.
Wat beteken nomadies?
‘n Leefwyse van mense om van plek tot plek te trek en geen permanente tuiste het nie.
Wat beteken ruilhandel?
Om ‘n item wat jy het, te ruil vir iets wat iemand anders het, sonder die gebruik van geld.
Watter probleme het ruilhandel gebring?
[3]
1) Albei partye moes iets gehad het wat hulle van mekaar wou hê.
2) Goedere het nie ‘n vasgestelde waarde gehad nie, so mielies is geruil vir hammers.
3) Sommige goedere was slegs op sekere tye van die jaar beskikbaar, bv. bederfbare kos.
Wat beteken afhanklik?
Om nie sonder iets of iemand te kan klaarkom nie.
Wat beteken gemeenskap?
‘n Groep mense wat saambly en tradisies, oortuigings en gebruike deel.
Wat beteken onafhanklik?
Om nie iets nodig te hê om voort te bestaan nie.
Wat beteken selfonderhoudend?
Om sonder enige hulp van iemand in jou eie behoeftes te voorsien.
Wat beteken bestaansekonomie?
Wanneer mense slegs genoeg van dit wat hulle nodig het, produseer.
Wat beteken duursaam?
Wanneer iets lank hou en nie gou bederf of vrot word nie.
Wat is lewende hawe?
Dit is diere soos beeste, skape, pluimvee, ens. wat as kos aangehou word.
Wat beteken waarde?
Die belangrikheid of gehalte van iets in vergelyking met iets anders, bv. ‘n hamer is meer werd as ‘n spyker.
Wat is promesse?
‘n Skriftelike dokument van een party om ‘n gespesifiseerde bedrag op ‘n gespesifiseerde datum aan ‘n ander party te betaal.
Hoekom is geld (munte) uitgevind?
Om ruilhandel te vervang. As jy melk nodig gehad het, moes jy eers ‘n hoender vang en dan iemand gaan soek wat melk het en dit sal ruil vir jou hoender.
Geld was geriefliker om mee handel te dryf.
Wat is die sigwaarde of sigbedrag van ‘n muntstuk?
Dit is die waarde wat op die muntstuk gedruk is, bv. 50c of R5.
Uit watter metale is muntstukke gemaak?
Uit edelmetale, bv. goud en silwer.
Waaruit word muntstukke vandag gemaak?
Yster, nikkel, sink en tin.
Hoekom is die materiaal waaruit muntstukke gemaak was, verander?
Goud en silwer was meer werd as die R5, daarom het regerings goedkoper metale begin gebruik.
In watter jaar het Suid-Afrika papiergeld ingestel?
1780
Wanneer het die Reserwebank die eerste note uitgereik?
1922
Wat was die oorspronklike rede vir banknote?
Omdat mense nie met duisende goue muntstukke wou rondloop nie, het hulle ‘n banknoot gekry wat hulle dan kon gebruik het om vir hulle muntstukke in te ruil.
In watter jaar het die rand Suid-Afrika se amptelike geldeenheid geword?
1961