Stel Coulomb se wet
Die grootte van die elektrostatiese krag wat deur twee puntladings op mekaar uitgeoefen word, is direk eweredig aan die produk van die grootte van die ladings en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hulle
Beskryf n elektiese veld
N gebied in die ruimte waarin n elektriese lading n krag ondervind. Die rigting van die elektriese veld by n punt is die rigting waarin n positiewe toetslading sal beweeg indien dit by daardie punt geplaas word
Definieer elektriese veldsterkte by n punt
Die elektriese veldsterkte by n punt is die elektrostatiese krag ondervind per eenheid positiewe lading wat by daardie punt geplaas word