bagasie
baie tasse, pakkies en ander los dinge wat ‘n reisiger saam met hom neem
bundel
‘n klomp gedigte, verhale of ander prosawerke in een boek
bende
‘n klomp rowers of skelms
gehoor
mense wat saam in ‘n ruimte soos ‘n saal na byvoorbeeld ‘n opvoering, ‘n uitvoering, ‘n voorlesing of ‘n toespraak luister
bondel wasgoed
baie wasgoed
koor
‘n versameling mense wat sing, is
gesin
‘n pa, ‘n ma en hul kind of kinders
passasiers
‘n groep mense wat per trein, boot, vliegtuig, motor of bus reis
kykers
al die mense wat saam na ‘n televisie-uitsending kyk
luisteraars
al die mense wat saam na ‘n radio-uitsending luister
swerm voëls
baie vlieënde bye of voëls bymekaar
toeskours
al die mense wat saam na iets kyk wat voor hulle gebeur, byvoorbeeld ‘n straatkonsert
swerm bye
baie vlieënde bye of voëls bymekaar
trop beeste
‘n groep vee of wilde diere (groot diere) wat saamleef
kudde
‘n groep vee of wilde diere (kleiner diere) wat saamleef