Wanneer gebruik ons gewoonlik ‘daarom’ in sinne?
Ons gee ‘n verduideliking / ‘n rede of gevolge van dade word verduidelik. ✓
Waaroor is die spreker in die gedig ongelukkig?
Sy voorkoms. ✓
Hoe voel die spreker as hy vir homself in die spieël kyk?
Hy voel lelik / skrikwekkend / minderwaardig. ✓
Waarom sal ‘n dermatoloog die spreker graag beter wil leer ken?
Sy akneevel sal ‘n uitdaging vir hom wees / hy sal dit geniet om die seun te behandel. ✓
Behalwe sy vel, waarvan hou die spreker ook nie van homself nie?
Sy stem wat besig is om te breek; ✓ sy dons op sy bolip ✓ en sy arms en bene is uit verhouding met die res van sy lyf. (enige 2)
Voel die spreker gemaklik in meisies se geselskap? Motiveer jou antwoord deur slegs een woord uit die gedig aan te haal.
Nee. ✓ “krater” ✓
Op watter manier probeer die spreker inpas?
Hy loop met sy broek wat oor sy boude afsak. ✓ / sy lang kuif
Die spreker probeer om onopsigtelik te wees. Waarom sal hy dit nie regkry nie?
Sy kuif is te lank;✓ of sy broek wat afsak trek aandag.
“Daarom bid ek die tyd om.” Na watter tyd verwys die spreker in hierdie reël?
Die fase van tiener tot volwassene; ✓ of die tyd totdat hy leer om homself te aanvaar.
Op watter fisiese manier wys die spreker sy frustrasie?
Hy slaan deure hard toe. ✓
Skryf een sin waaroor elke strofe handel deur die volgende tabel te voltooi.
Inhoud van die strofe Strofe 1 Die spreker beskryf sy aaklige voorkoms. ✓ Strofe 2 Die spreker verduidelik sy optrede. ✓
Die gedig bestaan uit 14 reëls. Is dit ‘n sonnet? Verduidelik jou antwoord.
Nee. ✓ Dit het nie ‘n beeld en ‘n toepassing soos die Italiaanse sonnet nie.✓