Wat is homofone?
Woorde wat dieselfde klink, maar anders gespel word, en met verskillende betekenisse.
Gee ‘n voorbeeld van homofone.
rys (wat jy eet)
reis (om te toer)
Kies die korrekte homofoon:
Roosterbrood is iets wat mens vir ontbyt kan (eed/eet).
eet
Kies die korrekte homofoon:
Daar is ‘n (graat/graad) op my bord nadat ek die vis geëet het.
graat
Kies die korrekte homofoon:
Om jou koeldrank koud te maak, gooi jy (eis/ys) in.
ys
Kies die korrekte homofoon:
As mens op ‘n dieet is, probeer jy (maer/maar) word.
maer