Leefstyl
Die manier waarop jy leef. Hoe j in jou omgewing leef, hoe jy jou geld bestee, die goedere en dienste wat jy gebruik, wat jy aantrek, aanbid en jou kultuur uitleef.
Lewenstandaard
Mense se toegang tot goed soos wat die lewe geriefliker maak.
Selfonderhoudend
As jy self uit jou omgewing in die meeste van jou behoeftes kan voorsien.
Moderne gemeenskap
‘N gemeenskap wat geïndustrialiseerd is en wat wetenskap en denke gebruik om goed te verduidelik eerder as wat hulle godsdiens en tradisie gebruik.
Landelike gemeenskap
‘N gemeenskap in ‘n gebied waar daar min mense is en waar die mense se belangrikse ekonomiese aktiwiteite in die primêre sektor is.