Wat is sinonieme?
Woorde met dieselfde of soortgelyke betekenis.
Gee ‘n sinoniem vir “vader”.
pa
Gee ‘n sinoniem vir “praat”.
gesels
Gee ‘n sinoniem vir “dalk”.
miskien
Gee ‘n sinoniem vir “byna”.
amper
Gee twee sinonieme in die volgende sin:
Die vrou drink koffie, terwyl haar hond water suip.
drink, suip
Gee twee sinonieme in die volgende sin:
“Dit is ‘n baie mooi rok,” sê die fraai meisie.
mooi, fraai
Gee ‘n sinoniem vir “maat”.
vriend
Gee ‘n sinoniem vir “luister”.
hoor
Gee ‘n sinoniem vir “reg”.
korrek
Gee ‘n sinoniem vir “albei”.
al twee