Wat is die definisie van ‘n Vakbond?
‘n Groep werkers wat hulleself saambind met die doel om kollektiewe bedinging met werkgewers te onderhandel.
Wat is die hoofverantwoordelikheid van ‘n Vakbond?
Beskerming van werkers se regte.
Noem twee spesifieke verantwoordelikhede van ‘n Vakbond.
Verteenwoordig lede tydens onderhandelinge en dissiplinêre aangeleenthede óf Raad aan lede gee.
Watter sleutelterm word gebruik vir effektiewe onderhandelinge tussen werkgewers en werknemers?
Betekenisvolle onderhandelinge (of Kollektiewe Bedinging).
Wat is die vereiste persentasie vir ‘n vakbond om verteenwoordigingsregte op ‘n perseel te kry?
Dit moet >50% van werkers lid is van die spesifieke vakbond.
Wat is een reg wat ‘n geregistreerde vakbond het met betrekking tot die werkplek?
Die reg om toegang tot werkers binne die werkplek te hê.
Hoe word lidmaatskapgelde van ‘n vakbond ingevorder (die reg van die vakbond)?
Die werkgewer moet dit van die lid se salaris aftrek en aan die vakbond oorbetaal.
Hoe word die impak van ‘n vakbond op besighede beskryf?
Dit kan beide voordelig en/of nadelig wees.
Noem drie tipes arbeidsoptredes wat vakbonde kan insluit.
Staking (Strike), Sloerstaking (Go-slow), Pikettering (Picketing).
Watter liggaam fokus op vakbonde en volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling in Suid-Afrika?
NEDLAC (National Economic Development and Labour Council).
Noem die drie sleutelperiodes wat in die historiese oorsig van vakbondontwikkeling in Suid-Afrika genoem word.
Voor 1921, 1977 - 1994, en Na 1994.