BALLADE Flashcards

(76 cards)

1
Q

Front

A

Back

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

JACQUES RYNHARD: Kindertyd / Tuis

A

Emosie: Eensaam, onbegrepe, liefdevol (teenoor sy pa). Beskrywing: Hy voel sy ma verwerp hom. Hy soek liefde en aanvaarding, veral by sy pa, Klaus.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

JACQUES RYNHARD: By die watergat (Ontmoeting met Lena)

A

Emosie: Opgewonde, nuuskierig, verlief. Beskrywing: Hy is dadelik aangetrokke tot Lena. Sy kreatiwiteit word aangewakker deur haar. Hy voel hy het iemand gevind wat hom verstaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

JACQUES RYNHARD: By die skietbaan (Nadat sy pa val)

A

Emosie: Geskok, ontkenning, paniek, ongeloof. Beskrywing: Sy wêreld val in duie. Hy kan nie verstaan wat gebeur het nie. Die trauma tref hom soos ‘n donderslag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

JACQUES RYNHARD: In die hof / Op pad tronk toe

A

Emosie: Magteloos, verward, kwaad. Beskrywing: Hy word vals beskuldig en niemand glo hom nie. Hy voel verraai deur die stelsel en die mense wat hy liefhet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

JACQUES RYNHARD: In Denneberg (Verkragting)

A

Emosie: Verneder, magteloos, gebroke, skaamte. Beskrywing: Die absolute laagtepunt. Sy menswaardigheid word van hom weggeneem. Hy voel vuil en verpletter.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

JACQUES RYNHARD: In Denneberg (Na verkragting, met Oupa Petrus)

A

Emosie: Troosteloos, hartseer, maar ook ‘n sprankie hoop. Beskrywing: Oupa Petrus se liefde gee hom ‘n bietjie menslikheid terug. Hy voel steeds diep seer, maar nie meer so alleen nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

JACQUES RYNHARD: Wanneer hy die hangertjie teruggee

A

Emosie: Koud, beslissend, verbitterd, klaar. Beskrywing: Hy het finaal met Lena en Jan-Paul gebreek. Die liefde is dood. Hy voel niks meer vir haar nie. Dit is ‘n emosielose besluit.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

JACQUES RYNHARD: By die skietplek (Sand toneel)

A

Emosie: Aanvaarding, vrede, verligting. Beskrywing: Hy het sy trauma verwerk. Hy is nie meer kwaad of hartseer nie. Hy aanvaar die verlede en is gereed om aan te beweeg. Hy is kalm.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

JACQUES RYNHARD: Finale konfrontasie met Gert/Gavin

A

Emosie: In beheer, kalm, genadig (op ‘n manier), sterker as Gert. Beskrywing: Hy is nie meer die slagoffer nie. Hy het die mag. Hy kies om Gert te los, nie uit vrees nie, maar uit ‘n plek van innerlike krag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

JACQUES RYNHARD: Ontmoeting met Carina (Slottoneel)

A

Emosie: Nuuskierig, hoopvol, oop vir ‘n nuwe begin. Beskrywing: Vir die eerste keer in lank is hy oop vir iemand nuuts. Daar is ‘n moontlikheid van geluk. Hy is nie meer ‘n “enkeling” nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

JACQUES RYNHARD: Simbool - Die tikmasjien

A

Betekenis: Kreatiwiteit, passie, die fisiese daad van skryf. “Jy voel jy gee lewe.” Jacques gebruik sy hele lewe lank ‘n tikmasjien. Simboliseer sy integriteit as skrywer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

JACQUES RYNHARD: Simbool - Sand wat deur die vingers gly

A

Betekenis: Die verlede wat wegglip. Aanvaarding en loslaat. By die skietplek laat hy sand deur sy vingers gly - hy skud die verlede van hom af.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

JACQUES RYNHARD: Simbool - Die hangertjie

A

Betekenis: Liefde, trou, verbondenheid met Lena. Wanneer hy dit teruggee, simboliseer dit hy is klaar met haar.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

JACQUES RYNHARD: Simbool - Die trein

A

Betekenis: Verbintenis met sy pa (wat ‘n treindrywer was). Reis, die lewensreis - van sy pa se liefde, deur trauma, na ‘n nuwe begin.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

JACQUES RYNHARD: Simbool - Wit hemp

A

Betekenis: Reinheid, onskuld, teenoorgestelde van Gert se donker klere.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

JACQUES RYNHARD: Kamerahoeke

A

Laehoekskoot (by finale konfrontasie): Wys hy is in beheer, magtig, dominant. Nabyskoot (by sand toneel): Wys sy gesig vol vrede en aanvaarding. Eenskoot (in Denneberg): Beklemtoon sy isolasie en eensaamheid - hy is ‘n enkeling.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

JACQUES RYNHARD: Temas

A

Dapperheid: Hy vat die straf vir die bakleiery, hy oorleef Denneberg, hy konfronteer sy pyn. Lyding en Trauma: Sy “bloedtydperk” in Denneberg, die verlies van sy pa, vals beskuldig word, verraai deur geliefdes. Identiteit as ‘n “Enkeling”: “Okay wees met jouself.” Hy is alleen, maar heel op die einde. Vergifnis en Versoening: Hy maak vrede met sy verlede by die skietplek. Die rol van die kunstenaar: Hy gebruik sy tikmasjien om sy pyn uit te dryf; sy boeke weerspieël sy lewe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

LENA AUCAMP: Agtergrond

A

Beroep: Skilder / Kunstenaar. Romantiese verhoudings: Jacques Rynhard (eerste liefde) en Jan-Paul Otto (geheime verhouding). Verhouding met kuns: Haar kuns beeld haar verhoudings en emosies uit (sketse van Jacques en Jan-Paul, muurskildery van Jacques).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

LENA AUCAMP: By die watergat (Ontmoeting)

A

Emosie: Vry, kunstig, speels, aangetrokke tot Jacques. Beskrywing: Sy is ‘n vrye gees. Sy voel ‘n onmiddellike band met Jacques, want hulle is albei kunstenaars.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

LENA AUCAMP: Verhouding met Jacques (Vroeë jare)

A

Emosie: Liefdevol, gelukkig, geïnspireer. Beskrywing: Sy en Jacques vul mekaar aan. Sy glo in hom en sy skryfwerk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

LENA AUCAMP: Verhouding met Jan-Paul (Geheim)

A

Emosie: Skuldig, verskeurd, begeerlik (vir albei). Beskrywing: Sy kan nie kies nie. Sy is lief vir Jacques, maar het ook ‘n verhouding met Jan-Paul. Sy voel skuldig, maar kan haarself nie keer nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

LENA AUCAMP: By die skietbaan (Toe voëls opslaan)

A

Emosie: Geskrik, skuldig (later). Beskrywing: Op die oomblik is sy net geskrik toe die voëls opslaan. Eers later besef sy dat haar beweging die oorsaak van Klaus se dood was. Die skuldgevoel begin.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

LENA AUCAMP: Wanneer sy vir Jacques die waarheid vertel (Belydenis)

A

Emosie: Berouvol, skaam, bang, hartseer. Beskrywing: Sy is diep skaam en voel absoluut skuldig. Sy is bang om Jacques te verloor, maar weet sy moet die waarheid vertel. Haar gesig wys pyn en spyt. Toneelbeskrywing: In ‘n donker, onderbeligte kamer (haar ateljee of huis) vertel Lena vir Jacques dat sy die oorsaak van sy pa se dood was. Sy is tussen twee sketse (Jacques en Jan-Paul).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
LENA AUCAMP: Wanneer Jacques die hangertjie teruggee
Emosie: Verlore, verpletter, spyt, alleen. Beskrywing: Sy besef sy het hom vir altyd verloor. Haar hart is gebreek. Sy is alleen.
26
LENA AUCAMP: Lena tussen die twee sketse (Oorhoofse skoot)
Emosie: Verskeurd, verlarm, hartseer, magteloos. Beskrywing: Sy kan nie kies tussen Jacques en Jan-Paul nie. Sy is vasgevang tussen haar twee liefdes en voel totaal magteloos. Sy is diep ongelukkig. Toneelbeskrywing: Lena lê op die vloer tussen twee van haar kunswerke - een skets van Jacques en een van Jan-Paul. Die kamera is oorhoofs en maak 'n sirkelbeweging. Die kleur is grys, wat dui op mistroostigheid en hartseer.
27
LENA AUCAMP: Simbool - Lena se hangertjie
Betekenis: Liefde, trou, verbondenheid tussen Lena en Jacques. Sy gee dit vir Jacques voor hy na Denneberg gaan.
28
LENA AUCAMP: Simbool - Die ring
Betekenis: Trou, ewige liefde, verbintenis. Jacques gee dit vir haar. Later lê dit op haar tafel as 'n stille aanklag - sy verdien dit nie.
29
LENA AUCAMP: Simbool - Die muurskildery
Betekenis: Lena se liefde vir Jacques. Haar kuns wat hom uitbeeld. Wanneer hy dit vernietig, simboliseer dit hy is klaar met haar.
30
LENA AUCAMP: Simbool - Die sketse
Betekenis: Haar twee liefdes (Jacques en Jan-Paul). Sy is tussen hulle vasgevang, kan nie kies nie.
31
LENA AUCAMP: Simbool - Grys kleur
Betekenis: Mistroostigheid en hartseer (by die oorhoofse skoot toneel).
32
LENA AUCAMP: Kamerahoeke
Oorhoofse skoot (tussen die sketse): Wys magteloosheid, verskeurdheid. Donker, onderbeligte kamer (belydenis): Wys haar skuld, skaamte en innerlike konflik.
33
LENA AUCAMP: Temas
Verraad: Haar geheime verhouding met Jan-Paul agter Jacques se rug. Innerlike konflik: Sy is verskeurd tussen twee mans, kan nie kies nie. Skuldgevoel: Sy voel verantwoordelik vir Klaus se dood (haar beweging het die voëls laat opslaan). Die rol van die kunstenaar: Haar kuns (sketse, muurskildery) beeld haar verhoudings en emosies uit. Eensaamheid: Op die einde bly sy alleen agter as gevolg van haar keuses.
34
JAN-PAUL OTTO: Agtergrond
Beroep: Argitek. Vriendskap: Jacques Rynhard (beste vriend, maar met jaloesie). Romantiese verhouding: Lena Aucamp (geheime verhouding). Skuld: Hy skiet Klaus per ongeluk by die skietbaan.
35
JAN-PAUL OTTO: Kindertyd / Vriendskap met Jacques
Emosie: Aanvanklik lojaal, maar ook jaloers. Beskrywing: Hy is Jacques se vriend, maar daar is altyd 'n onderstroom van jaloesie. Jacques is dalk 'n beter mens as hy.
36
JAN-PAUL OTTO: Verhouding met Lena (Geheim)
Emosie: Skuldig, opgewonde (oor die affêre), lafhartig. Beskrywing: Hy geniet die affêre, maar is te lafhartig om dit vir Jacques te sê. Hy wil albei hê.
37
JAN-PAUL OTTO: By die skietbaan (Nadat hy Klaus geskiet het)
Emosie: Paniekerig, skuldig, lafhartig. Beskrywing: Hy is dadelik in paniek. Sy eerste instink is om te vlug of die waarheid weg te steek. Hy kan nie die verantwoordelikheid dra nie.
38
JAN-PAUL OTTO: Sy hele lewe lank (Wegsteek van waarheid)
Emosie: Beklemd, skuldig, bang. Beskrywing: Die geheim vreet hom op. Hy is bang dit sal uitkom. Hy voel skuldig teenoor Jacques, maar is te swak om iets daaraan te doen.
39
JAN-PAUL OTTO: Wanneer Carina hom konfronteer
Emosie: Verslae, verlig (dat dit uitkom), skaam. Beskrywing: Hy is bly die waarheid kom uiteindelik uit, want die las was te swaar. Maar hy is ook verslae en skaam oor wat hy gedoen het.
40
JAN-PAUL OTTO: Voor sy selfmoord / Belydenis
Emosie: Wanhopig, spytvol, lafhartig (tot die einde toe). Beskrywing: Hy kan nie die gevolge van sy dade dra nie. Hy kies die maklike uitweg. Sy gesig wys totale wanhoop en moedeloosheid. Toneelbeskrywing: In sy kantoor of by die prysuitdeling. Jan-Paul kan nie die skuld hanteer nie. In 'n volskoot sien ons hy is 'n swakkeling wat nie verantwoordelikheid kan aanvaar nie. Hy bely aan Carina (of pleeg selfmoord).
41
JAN-PAUL OTTO: Simbool - Die skietbaan / teiken
Betekenis: Die oomblik van waarheid. Wie is werklik skuldig? Jan-Paul se skoot was nie op die teiken nie - hy is skuldig.
42
JAN-PAUL OTTO: Simbool - Argitektuur / Die huis
Betekenis: Hy bou die huis wat hy belowe het - 'n fisiese teken van sy belofte en uiteindelike verraad.
43
JAN-PAUL OTTO: Kamerahoeke
Volskoot (by selfmoord): Wys hy is 'n swakkeling, kan nie verantwoordelikheid aanvaar nie. Drieskoot (by die skoolhoof): Hy is die lafaard in die agtergrond. Tweeskoot (met Carina in sy kantoor): Wys hul konfrontasie.
44
JAN-PAUL OTTO: Temas
Lafaardheid: Hy skiet Klaus, hy bly stil, hy kan nie verantwoordelikheid aanvaar nie, hy pleeg selfmoord. Verraad: Sy verhouding met Lena agter Jacques se rug. Hy bly stil oor die skietongeluk en laat Jacques die blaam kry. Jaloesie: Daar is altyd 'n onderstroom van jaloesie teenoor Jacques. Skuld en Berou: Die geheim vreet hom op; hy voel skuldig maar is te swak om dit reg te maak. Die prys van lafhartigheid: Hy kan nie die gevolge dra nie en kies selfmoord. Die rol van die kunstenaar: As argitek bou hy die huis wat hy belowe het - 'n teken van sy belofte en verraad.
45
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: Agtergrond
In Denneberg: Gert Grové - 'n boelie en moeilikheidmaker. Later in die lewe: Gavin Greeff - uitgewer/redakteur (by Montage). Verhouding met Jacques: Antagonis, verneder hom in Denneberg. Brandmerk: Hy word in die verbeteringskool gebrandmerk - later die bewys dat Gavin Greeff eintlik Gert Grove is.
46
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: In Denneberg (As jong man)
Emosie: Boos, gewelddadig, beheptig met mag, jaloers op Jacques. Beskrywing: Hy geniet dit om ander seer te maak. Hy wil mag oor Jacques hê. Hy is kwaad vir die wêreld. Sy gesig wys minagting en wreedheid. Toneelbeskrywing: In die slaapsaal van die verbeteringskool. Gert lyk dadelik soos 'n moeilikheidmaker. Die kamer is chaoties.
47
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: Wanneer hy Jacques brandmerk
Emosie: Wreed, triomfantlik, magtig. Beskrywing: Hy voel hy het gewen. Hy breek Jacques af en dit gee hom 'n gevoel van bevrediging. Hy is sonder empatie. Toneelbeskrywing: Gert gebruik 'n sigaretaansteker om Jacques te brandmerk (op sy rug). Dit is 'n teken dat Jacques nou deel is van die "sisteem" en dat hy dit nooit sal vergeet nie.
48
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: Die Verkragting in die Slaapsaal
Emosie: Wreed, magtig, triomfantlik. Beskrywing: Nadat Jacques uit afsondering kom, tart Gert hom oor Lena. Die ander seuns hou Jacques vas terwyl Gert hom verkrag. Dit is die donkerste oomblik van Jacques se "bloedtydperk".
49
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: As Gavin Greeff (Uitgewer/Redakteur)
Emosie: Manipulerend, selfsugtig, kwaadwillig. Beskrywing: Hy gebruik mense (soos Carina) om sy vuilwerk te doen. Hy is kwaad vir Jacques omdat Jacques hom nie vrees nie. Hy wil Jacques vernietig.
50
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: Finale konfrontasie (Wanneer hy gewond is)
Emosie: Magteloos, bang, smekend, verneder. Beskrywing: Vir die eerste keer is hy die slagoffer. Hy is bang vir die tronk. Hy smeek vir Jacques se hulp. Sy gesig wys pure vrees, nie woede nie. Toneelbeskrywing: Jacques lees koerant by die ou skool. Gert/Gavin verskyn. Hulle stoei, 'n skoot gaan af en Gert word in die been gewond. Jacques los hom, want hy wil hê Gert moet die ware pyn van die tronk ervaar. 'n Perspektiefskoot wys oor Gert se skouer hoe hy vir Carina sien.
51
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: Simbool - Die brandmerk
Betekenis: Misdaad, skande, 'n verlede wat jou altyd bybly. Gert word in die verbeteringskool gebrandmerk. Later bewys dit dat Gavin Greeff eintlik Gert Grove is. Dit simboliseer dat sy misdaad en boosheid deel van hom is.
52
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: Simbool - Donker klere / Swart
Betekenis: Boosheid, duisternis, kwaadwilligheid. In die finale konfrontasie is sy hemp donker - kontrasteer met Jacques se wit hemp.
53
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: Simbool - Die rooi kamer
Betekenis: Simboliseer geweld (waar hy Jacques konfronteer).
54
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: Kamerahoeke
Laehoekskoot (in Denneberg): Wys sy dominansie, mag en beheer. Nabyskoot (in verbeteringskool): Wys sy wreedheid en boosheid in sy gesig. Tweeskoot (met Jacques): Gert is hoër geplaas, wat sy mag oor Jacques wys. Perspektiefskoot (finale konfrontasie): Oor sy skouer sien ons Carina - ons is in sy kop, hy is bang.
55
GERT GROVÉ / GAVIN GREEFF: Temas
Boosheid en geweld: Hy geniet dit om ander seer te maak, veral Jacques. Magspel: Hy wil mag oor Jacques hê; hy verneder hom om magtig te voel. Lafaardheid: Hy gebruik ander om sy vuilwerk te doen; wanneer hy self magteloos is, smeek hy. Identiteit: Sy brandmerk is 'n teken van sy verlede wat sy identiteit vorm - hy kan nie wegkom van wie hy is nie. Wraak: As Gavin Greeff wil hy Jacques vernietig omdat Jacques hom nie vrees nie.
56
CARINA HUMAN: Agtergrond
Beroep: Joernalis. Werkgewer: Montage (sensasiejoernalistiek) - later soek sy die waarheid. Verhouding met Jacques: Ondersoek sy storie, uiteindelik 'n moontlike nuwe verhouding. Rol: Sy laat die waarheid uitkom, skoonmaak Jacques se naam.
57
CARINA HUMAN: By Montage (Werk)
Emosie: Gefrustreerd, vasgevang, ambisieus. Beskrywing: Sy wil ware stories skryf, maar Montage wil net sensasie. Sy voel haarself mors.
58
CARINA HUMAN: Tydens haar ondersoek
Emosie: Vasberade, nuuskierig, empaties. Beskrywing: Sy wil die waarheid uitpluis. Hoe meer sy van Jacques leer, hoe meer simpatie kry sy met hom. Sy glo in hom.
59
CARINA HUMAN: Wanneer sy die waarheid ontdek
Emosie: Verlig, opgewonde, tevrede. Beskrywing: Sy het die storie geklOp. Sy kan Jacques se naam skoonmaak. Sy voel sy het haar doel as joernalis bereik.
60
CARINA HUMAN: Finale ontmoeting met Jacques
Emosie: Hoopvol, nuuskierig, sag, oop. Beskrywing: Sy is nie bang vir hom nie. Sy is oop vir 'n moontlike verhouding. Sy is kalm en vriendelik. Sy bring hoop. Toneelbeskrywing: By die ou Denneberg-skool, nadat die konfrontasie met Gert verby is. Carina ry van voor af aan en hou stil. Jacques stap na haar. Die koerant (die waarheid) lê op haar voorste sitplek. Die slotskoot is 'n sonsondergang, simbolies van 'n nuwe begin.
61
CARINA HUMAN: Simbool - Die koerant
Betekenis: Die waarheid wat uitkom. Ware joernalistiek vs. sensasie. Dit lê op haar voorste sitplek - sy bring die waarheid na Jacques.
62
CARINA HUMAN: Simbool - Sonsondergang
Betekenis: Nuwe begin, hoop vir die toekoms. Die slotskoot van die film.
63
CARINA HUMAN: Kamerahoeke
Hoëhoekskoot (op pad na Jan-Paul): Wys haar magtelose posisie teenoor hom. Slotskoot (saam met Jacques): Sonsondergang - simboliseer nuwe begin.
64
CARINA HUMAN: Temas
Waarheid vs. Leuen: Haar soektog is 'n soektog na die waarheid. Sy verteenwoordig ware joernalistiek. Dapperheid: Sy is vasberade om die waarheid te vind, selfs al is dit moeilik. Empatie: Hoe meer sy van Jacques leer, hoe meer simpatie kry sy met hom. Sy glo in hom. Nuwe begin: Sy bring hoop vir die toekoms en die moontlikheid van 'n nuwe verhouding met Jacques. Die rol van die media: Sy staan teenoor Montage se sensasiejoernalistiek.
65
LIEBET RYNHARD: Agtergrond
Rol: Jacques se ma. Verhouding met Klaus: Getroud met Klaus, maar moontlik ongelukkig; jaloers op sy verhouding met Jacques. Verhouding met Jacques: Verwerpend, koud, hardvogtig - later moontlike vergifnis.
66
LIEBET RYNHARD: Haar hele lewe (Teenoor Jacques)
Emosie: Verbitterd, ontevrede, jaloers (op sy verhouding met Klaus), hardvogtig. Beskrywing: Sy sien Jacques as die oorsaak van haar ongelukkige lewe. Sy kan nie liefde vir hom toon nie. Sy is koud en afsydig.
67
LIEBET RYNHARD: Na Klaus se dood (Teenoor Jacques)
Emosie: Kwaad, ongelowig (glo nie hy is onskuldig nie), verwerpend. Beskrywing: Sy beskuldig hom van sy pa se dood. Sy wil hom nie glo of verstaan nie. Haar gesig wys hardheid en afkeer.
68
LIEBET RYNHARD: Wanneer sy Jacques se boek lees (Enkeling)
Emosie: Spyt, hartseer, verlange, moontlike vergifnis. Beskrywing: Vir die eerste keer sien sy Jacques se pyn. Sy leef haar in hom in. Die boek laat haar emosioneel voel. Miskien is daar tog liefde. (Dowwe kleure wys haar eensame bestaan en spyt). Toneelbeskrywing: 'n Oud vrou, Liebet, sit alleen in haar huis en lees Jacques se roman, Enkeling. Sy leef haar in die storie in en dit is 'n emosionele ervaring vir haar. Die kleure is dowwe, wat haar eensame bestaan weerspieël.
69
LIEBET RYNHARD: Simbool - Die lappieskombers
Betekenis: Vergifnis, versoening, aanvaarding. Liebet gooi dit oor Jacques se bed nadat hy tronk toe is. Dit wys dat sy hom dalk tog sal verwelkom wanneer hulle "brokkies van hulle lewe weer opgetel het." Dit is 'n teken van hoop vir hul verhouding.
70
LIEBET RYNHARD: Simbool - Dowwe kleure
Betekenis: Haar eensame bestaan en spyt (wanneer sy die boek lees).
71
LIEBET RYNHARD: Kamerahoeke
Eenskoot (wanneer sy lees): Sy is alleen in haar huis, geïsoleer as gevolg van haar wrok.
72
LIEBET RYNHARD: Temas
Verraad (deur familie): Sy verwerp Jacques en glo hom nie. Verbitterdheid: Sy sien Jacques as die oorsaak van haar ongelukkige lewe. Jaloesie: Jaloers op die verhouding tussen Klaus en Jacques. Vergifnis en versoening: Die lappieskombers simboliseer moontlike vergifnis. Kan sy haarself en haar seun vergewe? Spyt: Wanneer sy die boek lees, sien sy Jacques se pyn raak en voel spyt en hartseer.
73
KLAUS RYNHARD (Jacques se pa)
Emosie: Liefdevol, wys, geduldig, goedhartig. Beskrywing: Hy is die enigste een wat vir Jacques werklik liefhet in sy kindertyd. Hy verstaan sy seun. Hy is 'n rustige, goeie mens. Beroep: Treindrywer. Dood: Word per ongeluk deur Jan-Paul by die skietbaan geskiet (Lena se beweging laat voëls opslaan). Simbool: Die trein - simboliseer Jacques se verbintenis met sy pa. Reis, die lewensreis - van sy pa se liefde, deur trauma, na 'n nuwe begin.
74
OUPA PETRUS
Emosie: Besorgd, liefdevol, medelydend, wys. Beskrywing: Hy is die enigste mens wat vir Jacques in Denneberg troos. Hy toon pure empatie en liefde. Hy is 'n vaderfiguur vir Jacques in sy donkerste tyd. Toneel: Jacques by Oupa Petrus (na verkragting) - 'n hartseer, somber, onderbeligte toneel. Oupa Petrus is die enigste een wat vir Jacques liefde en sorg toon. Temas: Liefde te midde van pyn, Die uitsondering op die reël, Medemenslikheid.
75
OPSOMMING: Verhoudings (Jacques se netwerk)
Klaus Rynhard (pa) - liefde. Liebet Rynhard (ma) - verwerping, later moontlike vergifnis. Lena Aucamp (liefde) - verraad. Jan-Paul Otto (vriend) - verraad, jaloesie. Gert Grové (antagonis) - haat, geweld. Oupa Petrus (beskermheer) - troos, liefde. Carina Human (joernalis) - hoop, nuwe begin.
76
OPSOMMING: Temas per karakter
Jacques: Dapperheid, Lyding, Identiteit, Vergifnis, Kunstenaarskap. Lena: Verraad, Innerlike konflik, Skuldgevoel, Eensaamheid. Jan-Paul: Lafaardheid, Verraad, Jaloesie, Skuld, Prys van lafhartigheid. Gert: Boosheid, Magspel, Lafaardheid, Identiteit, Wraak. Carina: Waarheid, Dapperheid, Empatie, Nuwe begin, Media. Liebet: Verraad, Verbitterdheid, Jaloesie, Vergifnis, Spyt. Klaus: Liefde, Vaderskap. Oupa Petrus: Liefde te midde van pyn, Medemenslikheid.