Wat maak parallelle stroombane anders as seriestroombane?
Parallelle stroombanw bied meer as een roete vir die elektrone om deur die stroombaan te vloei.
(PRAKTIESE AKTIWITEIT)
Wat gebeur wanneer meer resistors of gloeilampies in parallel geskakel word?
Die totale stroomsterkte neem toe, dus moet die totale weerstand afneem.
Hoekom is die stroomsterkte by elke individuele gloeilamp in parallelleskakeling dieselfde?
Omdat die elektronstroom opgedeel het en deur elk van die vertakkings gevloei het en omdat die gloeilampe dieselfde helderheid gegloei het.
(AKTIWITEIT)