Hoe sal jy vir jou vertolking van enige gedig voorberei.
A
Ek sal die gedig eers ‘n paar keer lees sodat ek sin daarvan kan maak.
Ek sal van die regte frasering kennis moet neem terwyl ek Iees, sodat die gedig sin maak wanneer dit uitgespreek word.
Ek sal dan die plekke waar ek gaan pouseer en die tipe pouse wat ek sou gebruik, moet aandui; soos ‘n pouse vir betekenis, ‘n dralende of ‘n dramatiese pouse.
‘n Gebrek aan leestekens sal die pas/tempo van die vertolking beïnvloed, dus moet ek weet waar om die pas te versnel of te verstadig.