Bespreek hoe die toneelstuk Woza Albert! gehore kon vermaak en opvoed oor sosiale kwessies gedurende die apartheidsera.
Gee DRIE redes waarom die toneelstuk Woza Albert! steeds ‘n gewilde keuse vir ‘n skoolproduksie is
Verduidelik politieke satire.
‘n Politieke satire is ‘n toneelstuk wat spot met die samelewing dryf of algemene euwels
in die samelewing beklemtoon, (in hierdie geval die stelsel van apartheid) deur die gebruik van humor.
Verduidelik hoe die reaksies van Auntie Dudu op die tweede koms (wederkoms) van Christus/Morena die tema van ongelykheid/onregverdigheid beklemtoon:
Beskryf TWEE ander voorbeelde van hoe mimiek in die toneelstuk gebruik word.
Verduidelik waarom regisseurs sou verkies om nie oordadige kostuums in ‘n produksie van Woza Albert! te gebruik nie.
Daar is ses en twintig tonele in die drama en slegs twee akteurs.
Verduidelik waarom die opvoering van hierdie toneelstuk as ‘n ‘uiters fisiese stuk teater’ beskryf word.
Verduidelik waarom die akteurs hulle liggame as opvoerinstrumente gebruik om die onderskeie karakters en die klanke in die toneelstuk te skep.
Verduidelik hoe die akteurs hulle liggame as opvoerinstrumente gebruik om die onderskeie karakters en die klanke in die toneelstuk te skep.
Verduidelik waarom Woza Albert! ‘n goeie voorbeeld van protesteater is
Hoe sal die akteurs hulself voorberei vir hulle rolle in hierdie toneelstuk?
Hulle sal hul liggame fisies moet ontwikkel en oefen
Hul stemme oefen en hulle vokale vermoëns ontwikkel en uitbrei.
Watter plek (venue) sal geskik wees vir ‘n opvoering van Woza Albert!?
Enige moontlike plek met of sonder ‘n verhoog soos ‘n skool, kerk of stadsaal. Selfs ‘n oop stukkie gras.
Watter kostuums sal jy voorstel vir die twee akteurs om in hierdie uittreksel te dra?
‘n Paar swart / neutraal gekleurde sweetpakbroeke elk, miskien kaalbolyf en / of sakke vol roet vir die boonste deel van die liggaam.
Verduidelik hoe die akteurs klankeffekte kan gebruik.
Hul gebruik van verbale dinamika in ‘n poging om die klanke van ‘n vragmotor en die steenkool-verkopers se geskree te herskep.
Dit is hul manier om die toeskouer te laat voel asof hulle op ‘n besige straat staan. Hierdie ‘geluide’ (skree en maak pas by vroue) is deel van hoe die steenkoolverkopers aandag trek.
Beskryf die akteur-gehoor-verhouding wat die geskikste vir Woza Albert! sal wees.
Die akteur-gehoor-verhouding is dikwels intiem, aangesien die spel toelaat vir gehoorinteraksie en -deelname.
Selfs wanneer daar in ‘n groot ruimte opgevoer word, word hierdie illusie onderhou deur die energie en fokus van die akteurs. Dit is baie algemeen in armteater en herinner aan mondelinge tradisies.
Noem voordele wat die gebruik van Grotowski se armteater aan die skepping en opvoering van Woza Albert! bied.
Daar is minimale gebruik van dekor en rekwisiete, dus is die organisasie van die produksie goedkoper as wat dit sou wees om aan te bied op ‘n formele teaterverhoog.
Die gebruik van mimiek bring die koste van die produksie af.
Die gebruik van fisiese teater en verbale dinamika maak die produksie lewendig.
Verduidelik die funksie van die onsigbare verslaggewer
Dit bring nuwe inligting aan die lug, en verskuif sodoende die aandag na Morena.
Dit toon die reaksie van die steenkool-verkopers ten opsigte van die moontlikheid van die redder se koms.